Voortdurende seleksie vir optimale wins.
Gemiddelde jaarlikse reenval op Nooitgedacht, in die Kenhardt distrik is 132 mm. In omstandighede soos die word die vermindering van ooie by tye nodig, ter wille van grond bewaring. In die Nooitgedacht Dorperstoet word voortdurende seleksie toegepas sodat, nie net ou ooie nie, maar veral swakker produseerders voortdurend geidentifiseer word vir uitskot. Die doel van seleksie is genetiese- en kudde verbetering wat groter winste tot gevolg het. Verder ook die uitskot van ooie wat as gevolg van hul ouderdom en of veld toestande nie meer winsgewind kan wees nie.
In praktyk word ooilammers in die Nooitgedacht Dorperstoet as volg gekeur: Eerstens word hulle op drie maande ouderdom geweeg. ‘n Speengewig indeks word bepaal, waarna ‘n tweede weeg op ses maande gedoen word. Slegs ooie wat op hierdie stadium ‘n indeks van 103% of beter het, slaag die eerste keuring as moontlike vervangings ooie in die stoet. Navorsing toon dat speengewig 33% en na-speense gewigtoename 71% oordraagbaar is. Die weeg op drie maande se vir ons hoe goed die lam gegroei het, maar meer nog hoe goed die moeder van die lam is. Die ses maande weeg se vir ons hoe goed die lam op sy eie kon groei, aangesien dit naspeense ontwikkeling is. Op hierdie stadium sal alle lammers met prul foute geidentifiseer en bemark word. Die ooilammers met die groei indekse van laer as 103% word as moontlike vervangings ooie vir ons kommersiele kudde gehou. Die ooilammers in die vervangings groep vir die stoet het dus almal 3% persent of meer, vinniger gegroei as die gemiddelde.
Op tien maande gaan die ooie deur die tweede keuring, naamlik die meting van die dier teenoor rasstandaarde. Dit is wanneer ons ‘n inspekteur van die Dorpertelersgenootskap kry om die ooie te keur. Tydens hierdie keuring word die ooie van kleur plaatjies voorsien. So sal tipe 5 ooie almal dieselfde kleur plaatjie dra, so ook stoet en kudde ooie. Na hierdie keuring word hierdie ooie in een jong ooi groep gelos. Hierdie ooie word nou vir ‘n maand voorberei en dan kunsmatig geinsemineer met ‘n hoe kwalitiet stoetram, derhalwe word die ooie op 11 maande vir die eerste keer bevrug. Charl en sy vrou, Isabel hanteer self die kunsmatige inseminasie in die boerdery. Laparoskopiese bevrugting en embrio oorplantings word deur veeartse van Ramsem gedoen. Ons hou daarvan dat jongooie eers lam nadat hulle al twee tand gesny het. Die botallige jongooie word op hierdie stadium na die kommersiele kudde oorgeplaas of verkoop.
Die finale keuring vind plaas wanneer hierdie jong ooie se lammers gespeen word. Dit keuring behels vrugbaarheid en moederskap, dws die ooi moes nie net geboorte geskenk het nie, maar ook die lam goed kon groot maak. Goeie moederskap en melkproduksie het gesonde sterk lammers wat bo gemiddeld groei tot gevolg en dit is wat ons graag wil sien. Op hierdie stadium is die keuring voltooi en die vervangings ooie word volgens hulle keuring na die ooi trope oorgeplaas. So word die tipe 5 ooie na die tipe 5 trop oorgelaas en die stoet ooie na die stoet trop. Hulle behou egter die kleurkode plaatjie van die trop van oorsprong, sodat ons altyd kan weet hierdie lam is byvoorbeeld ‘n tipe 5, maar die moeder was dalk nie en of andersom. Ons wil hiermee onsself in die posisie plaas om voorkeur te gee aan seleksie van jong ooie wat van beter moeders kom. Die beginsel is dat ‘n boom aan sy vrugte geken word, so help dit nie as die ooi bo gemiddeld groei en bogemiddeld mooi is, maar nie vrugbaar is nie of indien vrugbaar nie haar lam goed kan grootmaak nie. Ons wil dus nooit se dit is ‘n mooi ooi, voordat sy nie vir ons deur die eerste twee keurings gegaan het en dan vir ons in die finale keuring ‘n lam suksesvol groot gemaak het nie.
Ram lammers gaan deur presies dieselfde eerste twee keurings as die ooitjies, maar word daarna op tien maande getoets vir brucella ovis, testikel omtrek word gemeet en semen word ontleed vir vrugbaarheid en kwaliteit. Uit al die ramme wat tot hier die keuring suksesvol deur is word op twaalf maande slegs ‘n aantal van die heel beste ramme geselekteur as moontlike vervangings ramme vir die stoet. Hierdie ramme word elkeen ‘n aantal ooie van soortgelyke kwaliteit gegee. Nadat hierdie ooie gelam het, word hulle lammers na ses maande geweeg en die indekse bepaal. Daarna keur ons self die lammers volgens ras standaarde en besluit dan watter van die ramme vir ons die beste lammers gelewer het. Ons hou dan net die beste van die beste as vervangings ramme vir die stoet en die ander vir die kommersiele kudde. Die res van die jong ramme word op veilings van die Dorpertelersgenootskap en van die plaas af verkoop.
Genetiese verbetering word nagestreef deur voortdurende identifisering en verwydering van onderpresteerders. Ooie wat as gevolg van ouderdom uitgeskot word, word soms verkoop aan kliente wat oor goeie voeding beskik en nog ‘n laaste lam of twee uit die ooi wil haal. Ooie wat as gevolg van foute uitgeskot word, word egter geslag. Die Mobile herd kudde bestuurstelsel, stel ons ook in staat om te kan bepaal of ooie wat uitgeskot word, die nageslag van ‘n spesifieke ram of ramme is. Indien ons ‘n tendens bepaal sal die ram nie weer gebruik word nie.
Teling- en wins doelwitte word gouer en makliker bereik as jy meer en beter vervangings ooie het om uit te selekteer. Tegnologie word ingespan om rekord te hou van elke dier se bydrae tov produksie, en kwaliteit van nageslag. Ons maak gebruik van “Mobile Herd,” ‘n besondere kudde bestuurs program om bogenoemde inligting te verkry en te bestuur.
Charl en sy pa Sarel is nie net beste vriende, maar ook gelyke aandeelhouers in Nooitgedacht Dorperstoet. Hulle bepaal die doelwitte en seleksie beleid. Vir die twee Saunderson’s is die doelwit doeltreffende, funksionele, vrugbare, aangepaste dorpers wat aan al die rasstandaarde voldoen en wat oor bogemiddelde groei indekse beskik, want dit spel kwaliteit en optimale wins. Met ‘n gemiddelde reenval van 132 mm per jaar selekteer hulle vir ooie wat lammers op die veld goed kan grootmaak. Wins kan nooit alles wees nie, die vreugde van boer en die passie vir die verbetering van die ras sal altyd die Saunderson’s se grootste dryfvere wees.
Seleksie van ramme vind nie net intern plaas nie, ons gebruik graag saad van eksterne ramme wat ‘n wesenlike positiewe invloed op die ras gemaak het. So gebruik ons byvoorbeeld saad van Toeter, ‘n Wekker, Wickets seun. Wekker is geteel deur Mnr Phillip Strauss en Wickets deur Mnr Jannie Visagie. Verder ook Wakker, ‘n Wekker seun op ‘n ooi van Mnr Jannie Visagie wat deur Mnr Hilton Spangenberg geteel is en Rolo van Mnr Mickey Phillips. Hierdie ram is ‘n Wekker, Big Ben seun van Mnr Phillip Strauss op ‘n chocolate ooi van Mnr Mickey Phillips. Intern gebruik ons Oscar, ‘n ram wat deur Mnr Leon van Niekerk geteel is. Hierdie ram het groot name soos Wekker, Wickets, Big Ben en Oorlog in sy voorgeslag en het op die 2006 wereld skou sy klas gewen. Lammers van hierdie ram het in die afgelope Cheetha Dorperskou in die Vrystaat op een na al die klasse waarin hulle deelgeneem het gewen. Saad van die ram is beskikbaar by Ramsem in Bloemfontein. Oscar word ook saam met ramme uit ons eie seleksie as opvolg ram gebruik. Kwaliteit teelmateriaal verseker kwaliteit en optimale bestuur verseker kwantiteit. Om ‘n groot aantal hoe kwaliteit lammers te he om uit te selekteer vir vervanging verseker gesonde groei, wins en die bereiking van telings doelwitte. Optimale bestuur stel ons in staat om streng te selekteer, aangesien ons alles moontlik gedoen het om optimale produksie te verseker. Seleksie is nie net gefokus op die skep van kwaliteit in ons eie stoet nie, maar om ons kliente van ramme, ooie en semen te voorsien wat hulle op ‘n volgehoue wins pad sal plaas. Kliente is ‘n voorreg en hul lojaliteit en ondersteuning moet verdien word. Ons wil graag met dorpers boer wat winsgewend is en ons glo ons kliente koop ramme en ooie wat vir hulle mooi is, maar soek eintlike ramme en ooie wat hul winsgewendheid na ‘n hoer vlak sal neem. Ons poog om voortdurend sulke dorpers aan ons kliente te lewer.
Michael Schumacher het in sy Ferrari gemiddeld in die wedrenne waarin hy gewen het, met minder as 10 sekondes gewen. Daardie paar sekondes was genoeg om hom sewe maal die wereld kampioen te maak. Sy benadering het ons geleer dat die verskil tussen ordiner en eksta ordiner net daardie bietjie ekstra is. Ekstra passie, ekstra droom, ekstra seleksie, ekstra meet, ekstra werk, ekstra myl vir ons kliente en die produk sal ekstra ordinere dorpers, resultate, wins en gelukkige kliente wees.
Vir meer inligting is u welkom om die webblad by www.dorpers.co.za te besoek of Charl Saunderson te skakel by 082 4 146 146.
Bewarings boerdery:
Van ek kan onthou het my pa, Sarel ons nie toegelaat om enige wild op die plaas te skiet nie. Die skiet van selfs ‘n haas was ‘n skaars voorreg. Sy redenasie was altyd as daar ‘n haas of bokkie is, die roofdiere meer op hul spyskaart het, sodat die Dorper lammers nie die enigste prooi sal wees nie. Probleem diere word egter doelgerig gejag, maar bewaring van die veld en dierelewe was en is nog altyd sy voorliefde. Hy het elke kamp geevalueer en weidae per jaar per kamp bereken en dit word met dissipline bestuur. Die meeste kampe beskik oor twee water punte op die verste punte van die kamp om te verhoed dat die area rondom suipings uitgetrap word en dat diere onnodig ver vir water moet loop. Alhoewel die drakrag aangegee word as 6,7 hektaar per ooi, boer hy vir die laaste 30 jaar op 12 hektaar per ooi. Die gevolg is dat Nooitgedacht ‘n goed “bewaarde” plaas is. Die infrastruktuur spreek ook daarvan dat die hy oor die afgelope 32 jaar met liefde, respek en sorg die plaas ontwikkel het. Geen voertuig behalwe die motorfietse word toegelaat om buite die plaas paaie in die veld te ry nie. Elke geslag het met dankbaarheid en respek vir wat die vorige geslag gedoen het, sy bydrae tot die ontwikkeling van die infrastruktuur gemaak.
So boer Charl vandag as die vierde geslag Saunderson op Nooitgedacht met rekenaar tegnologie en sy oupa se egte leer getal/nota boekie in sy bo-sak. Die Saunderson’s het pas hul navorsing ten opsigte van dalende Kelkiewyn getalle afgehandel, en gaan eersdaags aktief met ‘n Kelkiewyn bewarings projek begin. Dit behels onder meer dat water krippe so gebou sal word dat die Kelkiewyn dit ook kan gebruik en so geplaas sal word dat hulle nie in drade sa vasvlieg wanneer hulle gaan sit of opvlieg nie.
Kliek op die foto's om die volle berig te sien:
 |