dorpers dorper
Afrikaans Engels Portugees Spaans Chinees Nederlands Duits
Charl Saunderson²
dorpers dorper
dorper
Untitled Document
Welkom by Nooitgedacht Dorperstoet. U is besoeker nr: free web stats
 
Ons streef na dorpers met die beste balans, meeste vleis en minste foute.
dorper dorper dorper
Oscar   Snowball
dorper

Missie

Ons werk hard om ‘n positiewe bydrae tot die ontwikkeling van die dorper ras te doen, om ‘n positiewe bydrae tot die dorper boere, telers en telersgenootskap te doen en om ons kliente in ‘n beter posisie ten opsigte van opbrengs per ooi en per hektaar te kan plaas. Funksionele en doeltreffende diere met bo gemiddelde indekse wat aan die ras standaarde voldoen, is die oogmerk.

Visie

Om telers en kommersiele boere van geharde, vrugbare,aangepaste en mooi teeldiere te voorsien, wat hul boerderye op ‘n hoer vlak van winsgewindheid per ooi en opbrengs per hektaar sal plaas. dorpers, dorper, wit dorper
Ligging dorpers, dorper, wit dorper
Ry vanaf Upington deur Keimoes na Kenhardt, neem vandaar die Vanwyksvlei/Carnavon grondpad, ongeveer 50km uit Kenhardt, (by die Vanwyksvlei 90 km bordjie) sal u links van die pad ‘n Poortjies padteken sien en op regs die plaasnaambord – C.P. SAUNDERSON – NOOITGEDACHT.
Volg die pad vir 5 km deur twee motorhekke tot by ons huis. Hier sal u deur Sarel en Gertha Saunderson ontvang word. Klim uit, drink koffie en geniet egte boesmanland gasvryheid.
dorpers, dorper, wit dorper

Geskiedenis van Nooitgedacht Dorperstoet

dorper

Die Saunderson’s boer nou vir die vierde geslag op Nooitgedacht en die vyfde geslag sit al hand by.

Gedurende 1984 het ons, ons eerste dorper stoet ooie van Albert van Niekerk gekoop. Ramme van Albert van Niekerk en Ernest Connan is gebruik. In 1995 het ons ‘n groot deel van Niel Latsky se Dorperstoet gekoop, hierdie stoet was hoofsaaklik uit die bloedlyne van Albie van Niekerk geteel. Gedurende 2005 het Charl Saunderson jnr by Jasperskop Boerdery Edms Bpk, die handels maatskappy van Koenie Kotze, Charl Saunderson en Niel Latsky betrokke geraak. By die ontbinding van Jasperskop Boerdery Edms Bpk het Charl die grootste gedeelte van die Dorperstoet ontvang vir sy aandeel in Jasperskop Boerdery. Hierdie stoet kom van 1982 af toe Koenie Kotze en oom Lubbe Celliers saam geboer het. Hierdie stoet het in ‘n groot mate uit die stoet van Albie van Niekerk ontstaan. Verskeie kampioenskappe waaronder SA kampioene en wereld kampioene is uit hierdie stoet vertoon. In hierdie stoet word vir die afgelope jare hoofsaaklik van Jannie Visagie se ramme gebruik gemaak. Goeie eienskappe is oor tyd vasgele en weer vasgele, sodat ons nou met reg kan se die diere teel soos hulle lyk. Vir ons is die fenotipe net so belangrik as die genotipe en die genotipe net so belangrik as die fenotipe. ‘n Mooi, geharde, vrugbare en aanbepaste Dorper wat teel soos hy lyk is die doel. Vir ons is ‘n mooi dier goed, maar ‘n mooi dier wat winsgewend is, is beter en ‘n mooi dier wat winsgewend kan wees op die veld in uiterste omstandighede die heel beste. Ons teel nie in voerkrale nie, want ons kliente boer nie in voerkrale nie. Derhalwe selekteer ons vervangings ooie nie net op bouvorm nie, maar ook op groei.

Om die lammers voortdurend met mekaar te vergelyk, maak seleksie makliker, want slegs diere met ‘n bogemiddelde indeks en bogemiddelde bouvorm word as vervangings ooie gebruik. Snowball en Tarzan word gebruik op die ooie wat nou op kunsmatig geinsemineer word. Ons het Snowball saam met vennote op 2008 se nasionale veiling vir R200 000 van Jannie Visagie gekoop. Die lammers wat reeds aangekom het is pragtig en ons sien uit daarna om hul indekse te vergelyk. Vir opvolg ramme gebruik ons Tarzan, Oscar, 'n Wickets, Wecker seun 2006 se SA Kampioen 45 - 70 kg klas, Cashflow. Ons glo dat hierdie ramme nog ‘n positiewe bydrae in ons boerdery en in die Dorper ras sal maak. Hulle lammers en tyd sal leer of hierdie besondere diere is wat ons glo hulle is.

Waardes van Nooitgedacht Dorperstoet:
Ons sal nie diere verkoop wat ons nie ook graag sou wou koop nie.Ons sal nie siek diere verkoop nie, omdat ons nie siek diere wil koop nie.Ons sal nie defekte verberg nie, ook nie diere met defekte verkoop nie, want ons wil nie ons of ons kliente se kuddes benadeel nie.Ons sal voortdurend van die beste genetiese materiaal beskikbaar bekom, om ons en ons kliente se kuddes se winsgewendheid volhoubaar te verhoog. Om van elke klient ‘n lewenslange vriend te maak, deur besigheid met integriteit te doen.Ons onderwerp ons aan die reels van die Dorpertelers Genootskap van Suid Afrika en bedryf ons besigheid binne daardie reels.

Ons sal voortgaan om die bodem te bewaar en te verbeter vir die geslagte wat na ons hier gaan boer.
dorper
 
Web Links

HIV Sure Life Insurance
Charl Saunderson - Gemagdigde Finansiële Diens Verskaffer
Wit Dorpers
Botha van der Walt
Savetag
Landbou
LHCGlobalSystems

Lid van :
LNR (nr: 0575968)
Dorpers Telers Genootskap (nr: 2250)
dorpers, dorper